Verskoon ons asb. Ons sal binnekort al ons produkte hier beskikbaar hê!

Die Hoenderhôk is die breinkind van Carien Venter en Mercia van Merci Promotions. Nie een van die twee dames het enige bekendstelling nodig nie. Carien vir haar interieur-ontwerp en gastehuis en Mecia vir haar kundighied in die vermaaklikheidsbedryf.


Met ‘n ongelooflike liefde vir kuns (en oudhede) is Die Hoenderhôk vir albei ‘n droom wat uitgeleef word. Die skrif is aan die muur... Die Hoenderhôk moet op jou besoeklysie kom.


By jou aankoms word jy begroet deur ouwereldse sjarme (met ‘n plaat van onder meer die Briels en Groep 2 wat op ‘n egte Hamerstein draaitafel speel in die agtergrond!), ‘n kuns omgewing waar die allermooiste artikels uitgestal word. “Die Hoenderhôk is ‘n plek waar enigiemand tuis sal voel, kan skoene uitskop en ‘n koppie boeretroos kan geniet.”, gesels Carien en Mercia.


Van hout-, blik- en draaiornamente – karaktergeskenke uit Carien en Mercia se hande – tot die mees karaktervolle antieke meublement.. toeka se stemme fluister in jou oor. Die meeste van die ormanmente word deur Carien en Mercia gemaak, wat dit baie eksklusief maak (geen massa-produksie) – dit is oorspronklik en hulle fokus ook baie op herwinning. Van R10 geskenke tot ‘n versamelstuk.. jy sal nie met leë hande huistoe gaan nie.


Die Hoenderhôk restoureer ook meubels en jy kan hier aanklop vir “klein” stoffeerwerkies. Hulle beoog ook ‘n koffiewinkel waar vriende kan aansit vir ‘n liplekker sny koek van die dag en in die winter soppe en brode om die koolstoof... “maar hier is altyd koffie hoor”.


Die Hoenderhôk maak voorsiening vir intieme funksies (maksimum 20 gaste) en beplan ook om kunsuitstallins hier te hou. Verder bied Carien kunswerkswinkels (mosaiek, piouter, decopage – of soos die behoefte daarna uitsien) aan – die werkswinkels sal geadverteer word. En so doen hulle hul naam gestand want hier kan jy ook vars koop – kiep-kiep-kiep vir heel hoenders, “flatties” en porsies!


Joy Visser wat die opening van Die Hoenderhôk waargeneem het, het God’s rykste seën uitgespreek. “As julle God se seën in hiedie besigheid wil beleef... Ken hom, meer en meer. Wanneer mense hier instap, sal hulle ervaar... “Hier is ‘iets’ anders”. Hierdie plek is ‘n plek van vrede, liefde en goedheid. Die Hoenderhôk is ‘n veilige hawe, ‘n plek van rus en verkwikking, wanneer die mense dan hier uitstap, sal hulle anders wees en voel as die mens wat hulle hier ingekom het. Op hierdie manier sal God se vrede en goedhied julle deel word”.


Die stad is aan die kekkel en kloek na die opening – Die Hoenderhôk vul ‘n definitiewe leemte en is die plek om nes te skrop!